Vriendskapsliefde is...

Vriendskapsliefde is...

Monday 23 August 2010

Vriende en familie

Bloed is dikker as water...maar water is ook belangrik...so kies jou vriende reg! hul koester jou drome en werk sag met jou hart

Wat is vriendskap

Vriendskap is deur dik en dun...mens moet verby mekaar se foute kyk en die dieper mens binne in elkeen raaksien.  Die waarde van vriendskap moet nie geonderskat word nie...dis Goud werd!

WAT IS VRIENDSKAP???

Vriendskap is ‘n goudmyn
Delf vir dit.

Vriendskap is ‘n harlekyn
Geniet dit.

Vriendskap is ‘n oop veld
Met geen geheim.

Vriendskap is ‘n speelgrond
Waar jy kan seerkry.

Vriendskap is soos tyd
Oneindig…

Vriendskap is grasie
Vir irritasie.

Vriendskap is ‘n hart
Met vuurwarm liefde

Vriendskap is voete
Wat tree vir tree groei

Vriendskap is ‘n skouer
Vir die las.

Vriendskap is ‘n gehoorstuk
Vir lang trane.

Vriendskap is hande
Wat jou dra

Vriendskap is dieper
As ‘n glimlag

As jy dit nie ken nie
Is dit net ‘n woord.

Maar…
Wat is dit vir jou?
Deon Labuschagné