Vriendskap word so maklik vanselfsprekend aanvaar...min wetende dat dit 'n groot seëning is. Vriende help ons om te groei, om onsself beter te leer ken, om ons te ondersteun in moeilike tye en ook om saam met ons laf te wees!
Vriendskapsliefde is...
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
WAT IS VRIENDSKAP???
Vriendskap is ‘n goudmyn
Delf vir dit.
Vriendskap is ‘n harlekyn
Geniet dit.
Vriendskap is ‘n oop veld
Met geen geheim.
Vriendskap is ‘n speelgrond
Waar jy kan seerkry.
Vriendskap is soos tyd
Oneindig…
Vriendskap is grasie
Vir irritasie.
Vriendskap is ‘n hart
Met vuurwarm liefde
Vriendskap is voete
Wat tree vir tree groei
Vriendskap is ‘n skouer
Vir die las.
Vriendskap is ‘n gehoorstuk
Vir lang trane.
Vriendskap is hande
Wat jou dra
Vriendskap is dieper
As ‘n glimlag
As jy dit nie ken nie
Is dit net ‘n woord.
Wat is dit vir jou?
Deon Labuschagné
7 comments:
Ek stem 100% saam, 'n mens het jou familie en vriende nodig!!
ja daar is niks beter as familie en goeie vriende nie!!!
Love die blog, goeie werk!
Vriendskap is die basis waarop mens alle verhoudings moet vestig. Sonder 'n vriendskapsfondasie is verhoudings soos 'n sandkasteel wat net wag om in mekaar te tuimel. Dankie dat jy my weer herinner het wat ware vriendskap is en dat ek my verhoudings op 'n vriendskapsrots kan bou. **
deel jou hartseer, en dit halveer...
deel jou vreugde, en dit verdubbel...
Vriendskap is 'n Gawe van God!!! Ons moet elke vriendskap waardeer, en soos goud bewaar!!!
-Die is regtig 'n awesome blog!-
Baie baie waar! Jy kan alles in die wereld he maar as jy niemand het om dit mee te deel nie beteken dit niks nie! Love die blog!
Post a Comment