Vriendskapsliefde is...

Vriendskapsliefde is...

Monday 23 August 2010

Wat is vriendskap

Vriendskap is deur dik en dun...mens moet verby mekaar se foute kyk en die dieper mens binne in elkeen raaksien.  Die waarde van vriendskap moet nie geonderskat word nie...dis Goud werd!

4 comments:

Adele Schutte said...

ek kan vriendskap in drie woorde omskryf nl liefde, omgee en vertroue.

Corne Smith said...

Vriendskap is aanvaarding vir wie en wat jy is en is daar om jou te ondersteun in goeie en slegte tye.

Unknown said...

A True friend is someone who sees the pain in your eyes while everyone else believes the fake smile...

La Rochelle said...

A friend is someone who knows the song in your heart, and can sing it back when you have forgotten the words... Awsome blog!!!

WAT IS VRIENDSKAP???

Vriendskap is ‘n goudmyn
Delf vir dit.

Vriendskap is ‘n harlekyn
Geniet dit.

Vriendskap is ‘n oop veld
Met geen geheim.

Vriendskap is ‘n speelgrond
Waar jy kan seerkry.

Vriendskap is soos tyd
Oneindig…

Vriendskap is grasie
Vir irritasie.

Vriendskap is ‘n hart
Met vuurwarm liefde

Vriendskap is voete
Wat tree vir tree groei

Vriendskap is ‘n skouer
Vir die las.

Vriendskap is ‘n gehoorstuk
Vir lang trane.

Vriendskap is hande
Wat jou dra

Vriendskap is dieper
As ‘n glimlag

As jy dit nie ken nie
Is dit net ‘n woord.

Maar…
Wat is dit vir jou?
Deon Labuschagné